Wednesday, 5 August 2015

Bruin skakerings kraak ondervoet


akkerblare konfetti neer
bruin skakerings kraak ondervoet
hemelhoë takke
gryp vergeefs na somer
wat wegtuimel:
arms strek dan uit
na wye herfskoepel
en gee oor aan winterskoonheid
in gestrooptheid -
wag statig
op klein, varsgroen ogies
wat
van lente gaan sing
- Uysie Alberts ©

.

2 comments:

  1. O my aarde maar dis MOOI! Weet Uysie dat haar mooi gedig en jou pragtige skildery hier hand-aan-hand loop?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Liz! Ek sien sy het dit op FB gesien!

      Delete