Tuesday, 25 August 2015

Vandag is die dag!


Vandag is die dag dat ek kan huppel en spring, sing en hande klap - my jaar-einde boeke is UITEINDELIK op datum! Halleluja! Julle het geen idee hoe ek liasseerwerk haat nie, haat met 'n passie wat oorweldigend op die krop van my maag sit soos 'n maag sweer. En wat lei tot die uitstel van die boeke-doen-ding, is omdat al die liasseerwerk nie op datum is nie.

Ek stel altyd vir myself 'n doel of datum om dit makliker te maak, maar so ver moontlik in die toekoms sodat ek kans het om aan te pas - ek sal dit begin op die 1st van so-en-so maand en dit sal die EERSTE ding wees wat ek doen voordat ek by die komper gaan sit, ens. ens.

Kom dit eerste van daai maand, is dit (gelukkig!) op 'n Saterdag of 'n Sondag - nou ja, dan kan ek mos maar Maandag begin. Maandae is 'n slegte idee - van die personeel daag nie op nie of daar's 'n krisis van een of ander aard, so dis nie my skuld nie, ek sal dit môre doen...

En ons ken almal die gesegde van "moenie afstel vir môre wat jy vandag kan doen nie", en "van uitstel kom afstel". Wel, sover dit liasseerwerk aangaan, is dit die storie van my lewe...

.

2 comments:

  1. Veels geluk!!! Ek kan my so goed indink in jou liaseerwerk-haat-toestand!! Daar is maar net dinge wat NIKS lekker is nie en hoe gouer jy dit kan klaarkry, hoe beter!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie! Ha ha! Ek het heeltemal 'n blok daaromtrent, en tog is dit SO maklik as mens dit net onmiddellik vat en wegpak!

      Delete