Wednesday 4 October 2023

Aanvaar dit


:: 

Partymaal gebeur daar dinge in mens se lewe wat jou heeltemal deurmekaar krap en jou laat besef dat vrede baie broos is en sommer net so omver gegooi kan word. Jy wil met alle mag terug beur na hoe dit was voordat jou dag omgekrap is en klou hardnekkig aan die gedagte dat dit wel sal gebeur. 

My pa het altyd gesê, as iets jou pla, slaap daaroor, en dis presies wat ek gedoen het. Vanoggend toe ek wakker word toe besef ek dat dit partymaal nodig is om die lewe om jou te aanvaar net soos dit is en die beste van 'n slegte saak te maak. Mag jou dag vreedsaam en gelukkig wees. 

::

3 comments:

  1. Wyse raad. Tog wonderlik dat dié dinge wat 'n mens se Pa jou geleer het, altyd soos 'n noodwiel in moeiliker tye van pas is.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Liz. Ja, die geslapery oor goed het my seker al menigmaal gered van 'n simpel en/of oorhaastige besluit!

      Delete
  2. Very nice and interesting blog post!

    ReplyDelete