Showing posts with label aanvaar dit. Show all posts
Showing posts with label aanvaar dit. Show all posts

Wednesday 4 October 2023

Aanvaar dit


:: 

Partymaal gebeur daar dinge in mens se lewe wat jou heeltemal deurmekaar krap en jou laat besef dat vrede baie broos is en sommer net so omver gegooi kan word. Jy wil met alle mag terug beur na hoe dit was voordat jou dag omgekrap is en klou hardnekkig aan die gedagte dat dit wel sal gebeur. 

My pa het altyd gesê, as iets jou pla, slaap daaroor, en dis presies wat ek gedoen het. Vanoggend toe ek wakker word toe besef ek dat dit partymaal nodig is om die lewe om jou te aanvaar net soos dit is en die beste van 'n slegte saak te maak. Mag jou dag vreedsaam en gelukkig wees. 

::