Showing posts with label wenke. Show all posts
Showing posts with label wenke. Show all posts

Friday 9 May 2014

Wenke vir 'n kreatiewe naweek

Dis Vrydag! Hou jouself hierdie naweek besig met 'n paar maklike en kreatiewe tuintakies - en raak sommer ontslae van al daardie opgaargoed so in die proses! Hier is 'n paar oulike wenke wat ek op die internet raak geloop het.


Moenie die binneste rolletjie van jou toiletrolle weg gooi nie. Smeer dit met heuning of grondboontjiebotter en rol dit in voëlsaad. Sit dit in die boom vir die voëltjies.... veral in die winter wanneer proteïene skaars is. Hulle is mal daaroor!


Nog 'n gebruik vir daai toiletrol binnestes is om saailinge in hulle te plant. Pak 'n Tupperware bak vol toiletrolletjies en vul elkeen met goeie plantgrond. Plant jou saadjies of saailinge versigtig en gee 'n bietjie water. Sodra die plantjies groot genoeg is, is dit maklik om hulle oor te plant, toiletrolletjie en al aangesien dit bioafbreekbaar is en intussen ook allerhande goggas van die plantjies sal weghou.


Kreatiewe huisnommers
Verf blombotte in mooi kleure en plant vrolike plantjies binne-in.  Verf of stensil jou huis se nommer op die potjies.  Plaas naby jou ingang, sigbaar van die pad. 


Jy hoef nie duur potte te koop as jy op jou stoep 'n paar tamaties wil groei nie. Kry daardie ou inkopiesak uit die kas waarvan jy al vergeet het en plant jou plantjies daarin. Dit maak pragtige en vindingryke planthouers en sal hou totdat die tamaties klaar vrugte gelewer het. 

::