Die gedagtes van 'n amper-verengelsde Afrikaner
Haai, my naam is Maree.
Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.
Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde dit ontvang!
Wys tans plasings met die etiket sonsopkoms. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket sonsopkoms. Wys alle plasings
Donderdag 16 April 2015
Goue oggende
Ek kyk na die sonsopkoms deur my ateljee venster. Die bome is amper kaal, maar daar is nog steeds 'n bietjie kleur buite my deur. 'n Goue oggend wat 'n blou hemel belowe en Somer se laaste hoera.
Dit voel als so eenvoudig.
So stil.
So lieflik.
En dit is.
Sondag 25 Mei 2014
Wat het jy gister gedoen...?
Ek het baie gedoen. Ek moes vroeg buitentoe gaan om te sien hoekom die hoenders so tekere gaan en het toe gesien hoe die son opkom agter die bome op die onderkant van ons plot. Dis min dat ek in die winter so vroeg buite is en dit was rééds op my lysie van dinge om te doen, om weer 'n sonsopkoms te aanskou.
Op pad terug het ek op hierdie veer afgekom en natuurlik moes ek gou die kamera gaan haal. Hulle sê mos dis 'n 'blessing' om op 'n veer af te kom en ek het sommer gewéét dat my dag spesiaal gaan wees! Nog in my pajamus het ek met my stomende koppie koffie op die stoep in die koue gesit en myself verwonder oor die voëltjies wat van vroeg af al so vrolik die dag begroet. Hulle het niemand om hulle te versorg nie (wel, nie heeltemal Niemand nie, maar jy weet wat ek bedoel) en tog, het jy al ooit een gesien wat nie gelukkig lyk nie? Ek het nog nie. Op die koudste dag van die winter gaan hulle aan met die lewe, kla nooit nie, gee nooit op nie, verwag niks meer nie, gelukkig om die son te sien opkom, om te kan vlieg.
Mooji se aanhaling kom tot gedagte : "Leave your existence to existence, stop caring for yourself so much and let the universe care for you; it is the best mother. There has to be some trust, not just belief, because trust is intimate... The very letting go will be observed in your presence."
En so het my hele dag voort gegaan, een wonderlike openbaring na 'n ander en 'n diepe dankbaarheid dat ek hier is om dit alles te ondervind...
::
::
Teken in op:
Plasings (Atom)