My wens vir jou vandag, ‘n ou plaashek waardeur jou voetpad sal loop, sodat jy die hartsvreemde paaíe sal agterlaat en jou vredespad kan vind …
Die gedagtes van 'n amper-verengelsde Afrikaner
Haai, my naam is Maree.
Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.
Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde dit ontvang!
Saterdag 10 Junie 2023
Saterdag 24 Desember 2022
Micky is pragtig en plomp!
Micky, my Bantam-kruis-Silkie hen |
Elke
oggend betree die trotse hoenderhaan die hoenderhok. Saggies soen hy
nege van tien henne. Maar van die tiende hoenderhen pluk hy ‘n veer.
So gaan dit aan van dag tot dag…. die nege gesoende hoenders is bly, en
die tiende hoender dra die pyn geduldig.
Die haan fluister in haar oor:
Sondag 09 Oktober 2022
Saterdag 06 Augustus 2022
Pita met krakerige slaai
Vrydae het ons besigheid altyd vroeg toegemaak, 4nm, en laat-Vrydagmiddag is wanneer ek en my man dit geniet om te ontspan op die voorstoep met 'n koppie tee of koffie en 'n ligte versnapering. Hierdie Pita met krakerige slaai is een van ons gunstelinge (albei van ons eet nie juis vleis nie) en is vinnig om voor te berei.
PITA MET KRAKERIGE SLAAI
JY BENODIG
pita-broodjies
1 koppie wit kool, fyngekap
2 medium geelwortels, in dun repies gesny
2 eetlepels rosyne
3 eetlepels grondboontjies
2 eetlepels pampoenpitte
2 eetlepels mayonnaise
1 eetlepel olyfolie
sap van ½ suurlemoen
1 eetlepel pietersielie, gekap
seesout grofgemaalde swartpeper
METODE
Berei of verhit pitabroodjies volgens aanwysings. Laat afkoel en sny in helftes. Plaas kool, wortels en rosyne in mengbak. Rooster grondboontjies en pampoenpitte liggies in ‘n droë pan. Voeg by slaai. Voeg mayonnaise, olie en pietersielie by. Geur liggies met sout en peper. Skep in pitabroodjies.
::
.
Vrydag 30 Maart 2018
Wees waar jy WIL wees!
Onbyt by Salt Café in Salt Rock, Ballito - voel of ek op 'n Griekse eiland is!
Drie maande terug het ons Gauteng verlaat - ALLES verkoop wat ons kon, alles weg gegee aan die wat wou hê, alles weggegooi wat oorgebly het, vaarwel gesê aan my tuin, my geliefde hoenders, my tuin voëltjies, die Bloekombome en die graslande van die Transvaal - en nou sit ons hier in Natal. 'n Bekende (het baie hierheen gekom) tóg vreemde plek - die see is mos vir 'n Gautenger net plek om te gaan vakansie hou. Almal droom van 'n huisie by die see, en nou het dit realiteit geword!
Lui-lekker ontbyt of middagete by een van die vele restaurants met 'n pragtige uitsig oor die see,
ligte aand-etes van volgraan brood met 'n groen slaaitjie oor dit so warm is
en dae gevul met wonderlike sonskyn en ook reën, salige reën omtrent elke dag.
Ek sal nie jok nie - dis nie maklik om sommer net so, na 43 jaar in een plek, jou wortels op te ruk en te trek nie - ek mis my hoendertjies, ek mis my tuin en tuin voëls, ek mis bloekombome en ek mis GRAS! Aaah, daardie uitgestrekte savanna grasvlaktes van Gauteng! - maar hier by die kus is daar nou weer nuwe uitdagings. Ek ken min van die voëls, of slange, of plante groei, so nou is daar 'n kans om weer iets nuuts te leer, nuwe avonture te onderneem, nuwe dinge om te ondersoek.
Dit kos net om nou na die lewe met nuwe oë te kyk, nuwe herinneringe te maak en nuwe vriendskappe te kweek. Ou vriendskappe is mos vir ewig, hulle sal nie weggaan nie, maar nuwe vriendskappe sal verseker dat mens alewig met nuwe oë na die lewe sal kyk.
Ek hoop jy is ook waar jy WIL wees! So geniet jou dag waar ookal jy mag wees! ♡♡♡ Maree
Teken in op:
Plasings (Atom)