Wednesday 13 November 2013

Vriendelike Geel





‘n Roos is nie net ‘n roos nie. ‘n Roos is blom met betekenis. Die kleur het betekenis wat dikwels onderskat word. Voordat jy vir iemand rose koop, dink mooi oor hoekom jy die rose wil gee en kies daarvolgens ‘n kleur. Dit gee soveel meer waarde aan die geskenk. Dit is die gedagte wat tel, maar ‘n gedagte wat goed deurdenk is beteken soveel meer.

Geel rose het in Victoriaanse tyd jaloesie bedoel, maar vandag beteken geel “Ek gee om”, maar geel rose word ook soms gegee as simpatie.

Die verskillende kleure waarin rose voorkom, het almal simboliese betekenisse:

geel – vriendskap, platoniese liefde, simpatie
rooi – romantiese liefde
pienk – grasie
donkerpienk – dankbaarheid
ligpienk – bewondering, simpatie
wit – onskuld, geheimsinnigheid
oranje – passie
dieprooi – skoonheid
blou – misterie, betowering

::
 

3 comments:

  1. Sit ek nou hier en luister na Laurika se "Lied van die natuur" wat jy hier neffens opgeplak het, so mooi!! Gaan jy vir my donkerpienk rose koop? Glimlag.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Oooo jaaaa! Beslis donkerpienk, baie gepas! Hou jou posbus dop! Smaail! Ek het ook lekker sit en luister na Laurika terwyl ek hier geblog het!

      Delete
  2. Sit ek nou hier en luister na Laurika se "Lied van die natuur" wat jy hier neffens opgeplak het, so mooi!! Gaan jy vir my donkerpienk rose koop? Glimlag.

    ReplyDelete